SKATKISBOEKE • Herinneringe van ou boeke is 'n skat om te geniet • Memories of vintage books is a treasure to enjoy

MAN WITH NO NAME REEKS

Waarom die volledige titel “Steyn Beyers - Man with no Name” heet, sal geen mens weet nie. ’n Man wat nie naam het nie, het mos nie ’n naam nie, of hoe? Die verhale sinspeel op die sukses van die bekende Dollar Westerns met Clint Eastwood in die hoofrol. Soos sy rolprent eweknie was Steyn Beyers ’n karakter wat in die grys gebied tussen reg en geregtigheid beweeg het. Hy het ’n vroulike medespeler met die naam Bella gehad wat baie lief was vir hom, maar hom terselfdertyd ook nie kon verdra nie. Klink dit dalk bekend?

Anders as ander fotoverhale word hier wye erkenning gegee aan die skrywer en die akteurs. Steyn Beyers was gespeel deur Sven, (seker om die misterie van die reeks te versterk, was sy van nie genoem nie). Bella was vertolk deur Shirley Celliers. Die skrywer van die reeks was Reg Aupiais (’n totaal onbekende skrywer vir my) en die fotograaf was Tehri Haywood. Ek self het ’n redelike voorliefde vir “westerns,” maar het nog nie op die skrywer se naam afgekom nie, (deur Koos Papenfus).

⭐ 2 Voorblaaie Gelys 📖 Fotoverhale
🔍

VOORBLAAIE VERSAMELING

2 Items
#54 Man with no name

Man with no name

Rough justice
#57 Man with no name

Man with no name

Kill for your life